Die sowat 750 000 Suid-Afrikaners wat tans in skuldberading is wys hoe 'n belangrike veiligheidsnet die stelsel is vir verbruikers wat finansieel swaar kry.
Die Nasionale Skuldberadingsvereniging (NDCA) sê ongelukkig lok dit ook toenemend ongereguleerde, gewetenlose diensverskaffers wat oorverskuldigde verbruikers uitbuit en mislei oor hoe om uit die skuldstrik te kom - en daarom is strenger beheer nodig.
René Moonsamy, voorsitter van die NDCA, wat aktief met beleidmakers oor beleid en regulatoriese hervorming skakel, sê wendelaars lei niksvermoedende verbruikers om die bos met vals beloftes dat hulle teen 'nfooi skuldvry verklaar kan word.
Lees die volledige artikel op Maroela Media.